WAT ONS DOEN
Ons wys nie ondergronds water vir boorgate nie, maar ons soek ondergrondse water.
Stappe:
1. Waterbron kaart ondersoek (Afstandwaarneming) deur middel van kaart, n ondersoek om potensiale areas te identifiseer vir die moontlike ondergrondse water vir boorgate.
2. Geofisiese ondersoek met die gepaste toerusting om teiken areas te verifieer om finale boorpunt te bepaal.
3. Boor van boorgat.
DIENSTE
WATERBRON PAKKET
(Kaarte word digitaal gelewer met die internet)
GEOLOGIESE KAART

Geologiese kaarte verteenwoordig die verspreiding van verskillende soorte rotsformasies en oppervlak-afsettings, asook plekke van geologiese strukture met vertikale eienskappe soos verskuiwings, lineêre strukture, gange (Doleriet, diabaas, ens.). Geologiese kaarte is die primêre bron van inligting vir verskeie aspekte van grondwater potensiaal.
LUG MAGNETIESE KAART

‘n Lug Magnetiese opname is ‘n algemene soort geofisiese opname wat uitgevoer word met behulp van ‘n magnetometer aan boord of gesleep agter ‘n vliegtuig. Die beginsel is soortgelyk aan ‘n magnetiese opname wat met ‘n hand magnetometer uitgevoer word, maar laat baie groter dele van die Aarde se oppervlak vinnig bedek word vir streekverkenning. Die oënskynlike heuwels, rante en valleie word na verwys as lug magnetiese anomalieë wat as ondersoekareas vir ondergrondse water gebruik kan word.
INFRAROOI SATELLIETKAART

Infrarooi satelliet-afstandswaarneming is ’n belangrike hulpmiddel in die bestudering van natuurlike hulpbronne soos lineêre strukture in die landskap wat as moontlike gange en geologiese skeidings geïdentifiseer kan word vir moontlike ondergrondse water. Lugfoto’s en satellietbeelde, in visuele en infrarooi spektrale reekse, word gebruik in gereelde grondwater-ondersoeke.
WATERBRONKAART

Waterbronkaart is ’n samestelling van al die bogenoemde kaart se inligting (lineêre strukture, gange, kontaksones, ens.) op ’n lugfoto met kontoerlyne en dreinerigstelsels om te bepaal of die opvangsgebied en aanvulling vir die moontlike ontginning van ondergrondse water standhoudend mag wees.
GALLERY
KONTAK ONS
Streke wat gediens word : Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Mosambiek en Angola
Voltooi vorm vir ‘n Kwotasie
Kontak ons gerus vir verdere inligting
